MerryMakers (Sponsored by ARK Web Design) * MerryMakers (Geborg deur ARK Webontwerp)

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpMeer oorDienste & ProdukteNavraeKontak

 
Updated: February 7, 2023 ** Opgedateer: 7 Februarie 2023

 

 
English

 

 

 

Meer oor die Pretmakers

Kliek 'n duimnael vir groter weergawe  

Die Pretmakers Vermaaklikheidsgroep, ook bekend as Merrymakers Entertainment, is 'n Christelike besigheids-bediening wat al dekades deur Suid-Afrika beweeg en opvoerings, opleiding en spel hou, met die primęre doel om 'n verskil in jong lewens te maak. Dit gaan ook daaroor om jongmense te aktiveer en te mobiliseer vir Jesus Christus.

   

Hierdie baie ervare en talentvolle vermaaklikheidsgroep bedien interkerklik, omdat die Liggaam van Jesus Christus vir hulle 'n teer en uiters belangrike saak is. Waar die Vermaaklikheidsgroep van Pretmakers se narre en Mitsie die singende hondjie uitgenooi word, tree hulle graag op. Mimiek en poppespel is ook deel van die pret.

ARK: Kitty Cat Puppet Show * Poppespel
   
ARK: Merrymakers Mime * Pretmakers Mimiek

Die fokus is op die jeug tussen die ouderdomme van 4 tot 12 jaar, alhoewel Merrymakers se narre al opgetree het by gemeentes en aftree-oorde. Die aanbiedings van hierdie bediening word prettig uitgevoer en baie humor is betrokke. Deur God se genade is vele gesigte opgevrolik en siele ook geestelik verryk deur die Evangelieboodskap wat deur die jare op die arbeidsveld aangebied is.

   

Kinders is die span se passie, juis daarom hulle glo dat kindertjies die BBP's in God se Koninkryk is. Die groep is ook baie betrokke by welsynsaksies.

ARK: Pretmaker Happy Chappy
   
ARK: Merrymakers Puppets * Pretmakers Poppespel

Met hul poppeteater-, spel-, narre-, dans- en mimiek-opleiding, poog hulle ook om kinders te help om hul talente ten volle te ontwikkel en aan te wend tot uitbreiding aan die Koninkryk van God. Opleiding in mimiek, poppespel, grimering, speltegniek, oorklankings en draaiboekskryf is alles deel van die opleiding wat beskikbaar is.

   

'n Hele aantal CD's en DVD's met sterk geestelike inslag, asook prettige vormballonne en goed saamgestelde geskenkpakkies, is te koop by hierdie ywerige span.

ARK: Mitsie die singende hondjie * Mitsie the singing doggie
   
Skakel of stuur gerus 'n navraag as u die Pretmakers Vermaaklikheidsgroep wil uitnooi vir 'n optrede, gebruik wil maak van hul opleidingsdienste, of as daar enige vrae oor hul groot verskeidenheid pret-en-plesier-produkte is.

DANKIE, u ondersteuning word geweldig waardeer!

Telefoon: 072 746 0093 of 061 959 2259
   

   

 

Home/Tuis
Up/Op
Meer oor
Dienste & Produkte
Navrae
Kontak


Werfkaart
Sitemap

SitemapWerfkaart Home/TuisUp/OpMeer oorDienste & ProdukteNavraeKontak

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

ADSA Advertensies

Lys van kunstenaars by Piazza

List of artists at Piazza

Swallow Software, Calgary, Alberta

 ARK Web Design © 2023
ARK Webontwerp © 2023

Bekering

'n Christen…

Bybelteks

Bible Text